
Meer oor die reeks
Met alles wat vandag gebeur en die slegte nuus op die TV en media is dit moeilik om vas te hou en moed te hou. Dinge word al hoe slegter en erger, waarnatoe is ons oppad? Waar is die hoop? Elke aand sal Lr. Eugene Carolus die geheime uit die Bybel vir ons ontsluit met treffende titels soos die merk van die dier en die "vaccine"! In die seminaar sal hy jou vrae beantwoord.
Vra gerus Lr. Eugene Carolus 'n vraag en hy sal dit in persoon antwoord antwoord as jy fisies bywoon of op YouTube volg. Vrae kan per WhatsApp, epos of 'n boodskap op die webblad deur gestuur word.
Deel die wonderlike nuus met al U vriende en familie!
Reeks
Tekens van die tye
Met alles wat
rondom ons gebeur, is daar geen twyfel dat ons in die laaste dae van die
aardse geskiedenis leef nie. In hierdie studie sal ons probeer om vrae oor die
huidige krisis te beantwoord. (Daniël 2)
WAAROM COVID-19 & LYDING
Ons leef in 'n tyd waarin oorlog ongelukkig gereeld voorkom. Alle oorloë is lelik. Die verlies aan lewens en hulpbronne uit oorlog is onskatbaar. Selfs sogenaamde 'regverdige' oorloë laat 'n spoor van dood en verwoesting wat verder strek as die straf wat op die oortreder opgelê is.
Die Antichris geopenbaar
In hierdie les sal ons die Antichris uit die Bybel identifiseer. Ons sal nog tien identifiserende kenmerke uit die Bybel opteken, en dan die duidelike gevolgtrekking maak. Soos ons sal sien, is dit regtig 'n eenvoudige saak.
Die merk van die dier en die "Vaccine"
Baie mense vra of die Covid -19 -virus of die entstof die teken van die dier is. Sluit by ons aan vir hierdie studie terwyl ons uitpak wat die ware merk van die dier is. 'n Onderwerp om nie te mis nie. (Openbaring 13)
Wat gebeur nadat jy sterf?
Covid het ongetwyfeld baie van ons geliefdes weg geneem. Die dood was egter altyd 'n deel van die lewe. In hierdie studie ontdek ons wat met 'n individu gebeur nadat hy sterf. Hierdie studie is gevul met Bybelse waarhede en 'n groot Hoop.
Wanneer en hoe sal Jesus terugkeer?
In hierdie studie stel ons die vraag, wanneer en hoe sal Jesus na hierdie aarde terugkeer. Dit is 'n studie wat absoluut bygewoon moet word.