Spreker
Eugene Carolus, is die distrik leraar van die Noordelike
Skiereiland een Distrik in die Weskaap. Sy bediening is baie suksesvol en is
reeds met vele siele geseën. Hy het reeds seminare in verskeie provinsies van
Suid Afrika en selfs in die buiteland aangebied. Hoe verder sy bediening gevorder
het, het sy belangstelling in Bybel waarheid en die eindtyd profesieë
toegeneem, veral Daniël en Openbaring. Hy het 'n diepe begeerte om hierdie
kosbare waarhede met jou te deel. Leraar Eugene en sy eggenote Sharri is getroud
vir elf jaar en is geseën met 2 pragtige seuns, Benjamin en Luke. Sy hoop en
oortuiging is in die spoedige wederkoms van Jesus Christus sy verlosser.

Trailer!!
Kontak ons
Stuur 'n Boodskap
Kontak ons gerus met enige vrae. Ons wil graag van u hoor en is daar om jou bytestaan.